Bethulie is 'n geskiedkundige dorp hoofsaaklik vanweë die Anglo-Boereoorlog.

Dit word hoofsaaklik ondersteun deur die plaaslike skaap en beesboere.
Dit is ook bekend gemaak deur Patrick Mynhardt met sy verhoogstuk, 'Boy van Bethulie'.
Vandat die pad tussen Springfontein en Bethulie geteer is, gebruik baie mense dit as 'n alternatiewe roete, n' oorslaap plek of 'n rusplek op pad na vakansieoorde aan die ooskus.


Waar is Bethulie?

Die rustige dorpie, Bethulie, is ongeveer in die middel van die Republiek van Suid-Afrika geleë, in 'n streek bekend as die Bo-Karoo, in die suid Vrystaat (voorheen bekend as die Oranje-Vrystaat). Dit is geleë aan die noordelike oewer van die Oranje Rivier waar die Gariep Dam begin (voorheen bekend as die Hendrik Verwoerd-dam). Bethulie is ook deel van die Gariep (Xhariep) Toerisme Roete wat ander dorpe soos Oviston, Venterstad en Gariep insluit.

Dit is ongeveer 'n 90 minute se ry (185 km) suid van Bloemfontein geleë. 


Hoe om Bethulie toe te ry ?

Vanaf Gauteng (Johannesburg)

Langs die N1
via Bloemfontein na Kaapstad:
Jy ry via die N1 in die rigting Colesberg.
Ongeveer 140 km verby Bloemfontein draai jy links op die R715 (6 km verby die Engen Vulstasie by Springfontein)
Ry oor die R701 (die Gariep Dam - Smithfield pad) Hierdie kruising is +/- 37 km van jou laaste afdraai.
Ry nog 5 km en dan bereik jy Bethulie.

Langs die N6
via Bloemfontein na Oos-Londen:
Jy neem die N6 in die rigting van Oos-Londen.
Ry verby Reddersburg, na Smithfield.
Draai regs by die R701 net verby Smithfield.
Bethulie is ongeveer 66 km vanaf Smithfield.
Waarskuwing! Ongeveer 30 km vanaf hierdie afdraai is 'n T-aansluiting wat nie duidelik op padkaarte of op 'GPS'e gemerk is nie. Hier moet jy weer regs draai.
Volg die padaanwysers tot by Bethulie.


Vanaf Kaapstad na Gauteng

Ry via die N1 in rigting Bloemfontein, sowat 48 km verby Colesberg, oor die brug van die Oranje (Gariep) Rivier, neem die Gariepdam / Bethulie afrit.
Draai regs in rigting Gariepdam by die stop teken.
Net verby die brug oor die N1 draai links by die Bethulie afdraai op die R701.
Volg die R701 tot die volgende Bethulie afdraai (54 km).
Draai regs

Kliek> HIER <vir 'n 'Google Map" kaart van Bethulie se ligging



Die klimaat in Bethulie

Die Vrystaat geniet gematigde temperature in die somer maar relatief koue temperature met sneeu in die noordelike gebiede in die winter.

Die westelike en suidelike gebiede van die Vrystaat en die Karoo word geklassifiseer as semi-woestyn. Hierdie dele ervaar groot temperatuursverskille tussen dag en nag.

Bethulie is geleë in die Suid-Afrikaanse somerreënvalgebied.

Temperature:
In die somer is die temperatuur wissel van 19 ° C tot 38 ° C.
In die winter gaan die temperatuur wissel van -9 ° C tot 18 ° C.


Sou dit ooit gebeur dat jy toevallig deur Bethulie sou ry, doen jouself 'n guns en bly 'n aand of twee oor in hierdie vriendelike dorp van ons. Hier is baie geskiedenis, 'n pragtige omgewing en sy ook baie skatte, groot en klein,  om te ontdek. Jy kan selfs oorweeg om Bethulie jou vakansie bestemming te maak vir 'n welverdiende wegbreek van die alledaagse gejaagdheid van die stad.

Weg van die uitgetrapte roetes, maar nog steeds in die middel van alles, bied Bethulie jou die kans om met vakansie te gaan en jou wortels te herontdek. Ook om na normaliteit terug te keer, hier in Bethulie met sy rustige, landelike omgewing.

Ervaar ongerepte natuur, pragtige sonsondergange, geniet die rus en vrede, en belangrikste van alles, herontdek jouself.

Omdat Bethulie nog nie deur toeriste oorstroom word soos baie ander plekke nie, kry jy hier nog waarde vir jou geld.

Hierdie effense ompad, indien wel, sal beslis die moeite werd werd wees.

U is welkom om ons te kontak en ook begeleide toere van Bethulie te reël

e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Cell: +27 (0) 83-251-3555

Na besigtiging van die omgewing, is daar talle Gastehuise waar jy jou moeë liggaam kan neerle om te rus.

NS: Moenie vergeet om jou stapskoene te bring nie